Man breek glo hof se vensters met hamer

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man (36) is in hegtenis geneem nadat hy glo die vensters van die konstitusionele hofgebou in Braamfontein, Johannesburg, met ’n hamer gebreek het.

Lt. kol Robert Netshiunda, polisiewoorvoerder, sê die voorval het Woensdag 5 Januarie 2022 plaasgevind.

Man breek vensters met hamer

“Die polisie is na die die konstitusionele hof ontbied na berigte van ’n man wat besig was om die gebou se vensters met ’n hamer te breek. Die polisie het ’n waarskuwingskoot afgevuur nadat die verdagte aangehou het om die vensters te breek, selfs nadat hy beveel is om te stop.”

Die man is in hegtenis geneem en is van kwaadwillige saakbeskadiging aangekla. Sy hofverskyning moet nog bevestig word.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.