Volgens ‘n verklaring deur die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) sal alle studente, personeel en besoekers vanaf 14 Februarie 2022 ‘n inentingsertifikaat op die universiteit se aanlynstelsel moet oplaai wat wys dat hul ingeënt is.
Indien jy nie ingeënt is nie, moet jy luidens die universiteit se nuwe Covid-19-regulasies en vereiste inentingsbeleid weekliks ‘n negatiewe Covid-19-uitslag toon óf ‘n bewys van vrywaring van die beleid indien.




