Die gewilde Afrikaanse sanger, Jo Black, word 40.
Black het die nuus op sy sosiale media gedeel en gesê dat hy verstaan as mense vandag ‘n bietjie
mislei kan wees oor die feit dat hy nie 32 word nie, maar 40 en gespot dat hy nie ‘n dag ouer as 27 lyk nie.
“Na 40 omwentelinge om die son besef ek dat daar nog te veel lewe oor is om te mors. Ek weier om op 40 dood te gaan net om te wag dat hulle my begrawe op 80.

Jo en sy vrou, Debbie.
“So my uitdaging aan myself en elkeen van julle is om te begin lewe, sodat ons nie eendag in ‘n graf moet gaan rus met al ons drome nog in ons harte nie. Daar is twee datums op ‘n grafsteen – die dag wat ons gebore word en die dag wat ons sterf – en alles wat tussenin gebeur het, is net ‘n strepie. Vandag verander ek daai strepie in ‘n hartklop sodat mense kan sien die ou het gelewe,” skryf Black.
Black sê sy vrou , Debbie en hul twee dogters maak hom skatryk en met almal se seënwense is hy bonatuurlik gebless.

Jo en sy gesin.
Foto: Facebook
Black het die dag saam met sy gesin gevier en gesê dat hy môre weer geld kan maak, maar vandag (gister) maak hulle herinneringe.



