Ontvoerde meisie (11) gered

Deel hierdie storie / Share this story

’n Ontvoerde meisie (11) is gisteraand gered nadat sy in November 2021 buite haar skool ontvoer is

Lt. kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê daar is omstreeks middernag op ’n huis in Devland, Soweto, toegeslaan.

“Die meisie is ongedeerd gered en is na ‘n mediese fasiliteit vir mediese ondersoek geneem. Sy is intussen met haar familie herenig.”

Ontvoerde meisie met familie herenig

Die verdagtes wat by die huis was, het inhegtenisneming ontduik. ’n Ander man (40) is op Vrydag 31 Desember 2021 in Mosambiek in hegtenis geneem en Interpol is besig met die uitleweringsproses.

Twee ander verdagtes, Ayanda Kekana (50) en Fortune Kambule Ndlovu (36) ,is in Desember 2021 in verband met dieselfde ontvoering in hegtenis geneem en hul borgtogaansoek is geweier toe hulle op 7 Desember 2021 in die Johannesburgse landdroshof verskyn het. Hulle sal weer op Vrydag 7 Januarie 2022 in die hof verskyn.

Die polisieondersoek duur voort.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.