Binnelanders se dr. Quinton is verloof

“2022 kon nie beter begin het vir ons nie en ek is die gelukkigste man.”

Binnelanders se dr. Quinton is verloof

Binnelanders se dr. Quinton is verloof

Ramey Short, beter bekend as dr. Quinton Meyer in die sepie Binnelanders, is verloof.

Die akteur het Woensdag die nuus op sy sosiale media gedeel en gesê hy kon uiteindelik na meer as ‘n maand se wag vir Loricia Bruwer die ja-woord vra.

“2022 kon nie beter begin het vir ons nie en ek is die gelukkigste man.


“Ek kan nie wag vir ons pad vorentoe nie en jy het baie mooi gelyk,” skryf Short.

Die paartjie, wat op Kogelbaai verloof geraak het, kon nie ‘n fotograaf vir die spesiale geleentheid opspoor nie, en het sommer self hul verlowingsfoto’s en video’s met ‘n driepoot geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published.