Die Nieu-Seelandse superster, Sonny Bill Williams, het onthul sy seuns sal verkies om vir die Springbokke in plaas van die All Blacks te speel.

Foto: planetrugby.com
Volgens ruck.co.uk het die All Black erken sy seuns is gretig om die groen-en-goue trui aan te trek, sou hulle in hul pa se voetspore volg.
“Kaapstad is my tweede huis,” het Williams aan ruck.co.uk gesê.
“Miskien speel my twee seuns dalk eendag in Groen en Goud.
“Hulle het gesê hulle sal wil. Hulle is mal oor die Springbokke.”
Die 36-jarige is in 2013 met die Suid-Afrikaanse model Alana Raffie getroud.
Die Williams het vier kinders, twee dogters, Iman en Aisha, en twee seuns, Zaid en Essa.

Die Williams-gesin.
Foto: Instagram
Williams het beide rugbyliga en vir rugbyunies vir Nieu-Seeland gespeel. Hy het in Maart 2021 uit alle vorme van rugby getree.
Williams het 12 verskynings vir Nieu-Seeland in rugbyliga en 58 vir die All Blacks gemaak en 13 drieë gedruk.

Williams en sy vrou, Alana.
Foto: Instagram



