’n Vrou het Donderdag geboorte aan ’n tweeling op die ouderdom van 74 gegee. Dit maak haar moontlik die oudste vrou te wêreld om geboorte te gee.
Erramatti Mangayamma het Donderdag twee babadogters met ’n keisersnee by ’n privaat hospitaal in Guntu, Indië verwelkom. Nadat sy jare lank nie natuurlik kon swanger raak nie, het Mangayamma deur middel van IVB (in vitro-bevrugting) swanger geraak.
Geboorte op 74
Mangayamma, wat sedert 1962 met haar 80-jarige man E. Raja Rao getroud is, het gekies om in vitro-bevrugting (IVF) te probeer nadat sy gehoor het van ’n buurvrou wat die proses op die ouderdom van 55 ondergaan het.
Volgens die dokter wat die keisersnee op Mangayamma gedoen het, is die ma en babas blakend gesond.



