Mudzanani Humbelani (25) van die dorpie Tshitomboni, buite Thohoyandou, is op Nuwejaarsdag deur ‘n krokodil aangeval terwyl sy by ’n rivier in Limpopo wasgoed gewas het.
Humbelani word oorleef deur vier broers en susters, asook haar ouers. Ten tyde van haar dood was sy besig met ’n landbouleerlingskap.
Munisipaliteit word blameer vir aanval deur krokodil
Die munisipaliteit word nou deur gemeenskapslede vir die aanval geblameer.
Phillip Munyai, wyksraadslid, het aan TimesLive gesê die vrou se dood kon vermy gewees het.
Volgens Munyai sou die vrou nie nodig gehad het om wasgoed by die rivier te was as die munisipaliteit die dorpie van water voorsien het nie.
Munyai het gesê die Nandoni-dam in die gebied moet water aan die gemeenskap verskaf, maar dit was nie die geval nie. In plaas daarvan, het hy gesê, is water uit die dam aan mense in ander gebiede verskaf.
Vier ander mense is glo ook al deur krokodille aangeval terwyl hulle wasgoed by die rivier gewas het.

Foto: TimesLive



