Man in hegtenis oor handgranaat op lughawe

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man (28) is gister op die Bram Fischer-lughawe in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy glo ’n handgranaat in sy bagasie op ’n vlug wou insmokkel.

Lt. kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het by die lughawe aangekom en by die inkloktoonbank aangemeld waar hy sy bagasie oorhandig het om deursoek te word. Tydens die skandering van sy bagasie is die granaat ontdek.

Bomhanteringseenheid oor handgranaat ontbied

Die polisie se bomhanteringseenheid is na die toneel ontbied om die bewyse te hanteer en die gebou te beveilig. Die gebou is as voorsorgmaatreël ontruim.

Die gebou is veilig verklaar en bedrywighede het normaalweg voortgegaan. Die verdagte is gearresteer en aangehou. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.