Bejaarde in kop en nek gesteek

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ’n bejaarde vrou is met steekwonde aan haar kop en nek gevind. Haar liggaam is in die deur van haar huis in Gqeberha gevind.

Bejaarde in haar huis gevind

Op 2 Januarie 2022 omstreeks 13:00 het familie van Nontsuku Annie Solomon (86) op haar liggaam in haar kamer by haar huis in Greenfields afgekom.

Sy is verskeie kere in die kop en nek gesteek. Die motief vir die moord is nog onbekend, maar diefstal kan in hierdie stadium nie uitgesluit word nie. ’n Saak van moord word tans ondersoek.

Enigiemand met inligting rakende die moord, kan vir sers. Tembinkosi Cacadu by 071 874 8451 skakel.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.