Vrou (23) dood na tweede Pfizer-inenting in Vietnam

New Zealand man charged for taking up to 10 Covid vaccines a day for other people

Photo: Canva

’n Vrou (23) in die noordelike Lao Cai-provinsie van Vietnam is verlede Donderdag dood nadat sy haar tweede Pfizer Covid-19-inenting ontvang het.

Die provinsiale gesondheidsdepartement het gesê die pasiënt het “gesterf aan graad 4 anafilaktiese reaksie ná Covid-19-inenting as gevolg van inherente kenmerke van entstowwe”, maar dat haar dood nie verband hou met die inentingsproses, vervoer, berging en gebruik van die entstof nie.

Sy het geen abnormale reaksie ervaar ná haar eerste inenting op 21 November nie. Nadat sy op 30 Desember die tweede Pfizer-inenting toegedien is, het sy 30 minute by die inentingsfasiliteit vir gesondheidsmonitering gebly en begin om moegheid, kortasem, buikpyn en naarheid te voel.

Sy is deur mediese personeel op die terrein behandel en is na die Sa Pa Town- algemene hospitaal oorgeplaas, waar ‘n span van Lao Cai se provinsiale algemene hospitaal noodhulp verleen het.

Sy is egter om 21:00 op dieselfde dag dood.

Entstof uit dieselfde Pfizer-entstofbottel is aan ses ander mense toegedien en sy was die tweede ontvanger. Plaaslike gesondheidsbeamptes het gesê die vyf ander mense verkeer in stabiele en normale gesondheid. Dit is die vyfde Covid-inentingsterfte in die land as gevolg van oorreaksie op die Pfizer-entstof. Die ander slagoffers was kinders tussen 12 en 16 jaar oud.

Bron: https://e.vnexpress.net/

Leave a Reply

Your email address will not be published.