Volgens die jongste verslag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), was daar op 2 Januarie 2022 4 379 nuwe COVID-19-gevalle aangemeld wat die totale aantal laboratorium-bevestigde gevalle op 3 472 436 te staan bring.
Hierdie toename verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 23,1%.
‘n Verdere 30 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, wat die totale sterftes tot dusver op 91 228 te staan bring.
21 286 849 toetse is in beide openbare en private sektore uitgevoer.
Die meerderheid nuwe gevalle was in die Wes-Kaap (27%) gevolg deur Gauteng en KwaZulu-Natal met elk 21%. Die Oos-Kaap was verantwoordelik vir 11%; Vrystaat en Mpumalanga 5%, Noord-Kaap 4% en Limpopo en Noordwes 3%.



