Ná ‘n spesiale kabinetsvergadering wat op 30 Desember gehou is, het die kabinet Donderdagaand aangekondig dat die aandklokreël as deel van sy hersiening van die Covid-19-regulasies opgehef word.
Pres. Cyril Ramaphosa, burgemeesters en premiers het oor die stand van sake vergader.
Dit beteken dat daar geen verdere beperkings op mense se beweging sal wees nie en dat hul nou vrylik in die dag of nag kan rondbeweeg.
Byeenkomste binnenshuis word tot 1 000 persone beperk, terwyl byeenkomste buitemuurs tot 2 000 persone beperk word.
Indien lokale te klein is om hierdie getalle met die toepaslike sosiale afstand te akkommodeer, mag nie meer as 50 persent van die kapasiteit van die lokaal gebruik word nie.
Kroeë en kuierplekke kan ook nou volgens hul normale lisensietye en ná 23:00 drank verkoop. Die dra van maskers in publieke areas bly verpligtend.
Die nuwe regulasies tree dadelik in werking.
Talle Suid-Afrikaners en die DA het vroeër die maand ‘n aanlynpetisie begin wat vereis dat die aandklokreël opgehef moet.
Die petisie, wat deur Randolf Jorberg van Beerhouse in Kaapstad begin is, is deur talle gasvryheidsbesighede ondersteun.
In ‘n verklaring deur die DA sê Johan Steenhuisen dat hulle nog nooit die aandklokreël ondersteun het nie.
Lees meer hier.
Kyk hier na 30 Desember se Covid-19-statistiek.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



