FOTO: NETWERK24
Die 17-jarige Van Reenen Olivier wat Dinsdag in die Oranjerivier verdwyn het, is Vrydagoggend 30 km verder gevind.
Kapt. Nelis Prins, polisiewoordvoerder, het die nuus aan FiND iT bevestig.
“Die SAPD kan bevestig dat die liggaam van Van Reenen Olivier, wat Dinsdag namiddag in die Oranjerivier verdwyn het, gevind is.”
Kapt. Prins sê Van Reenen se liggaam is om 10:20 uitgeken.
Van Reenen het saam met ‘n vriendin in die Oranjerivier gaan swem toe sy omgedraai het en hy skielik verdwyn het.
Die polisie se soek-en-reddingspan, lede van die gemeenskap en boere in die omgewing het sedert sy verdwyning onverpoosd na hom gesoek. Lees die vorige berig hier.
“Die polisie in Kakamas wil graag almal bedank, hoe gering ook al die hulp, wat deel van die soektog was,” sê Prins. “Gun dan ook die geleentheid om namens die polisie ons innige simpatie oor te dra aan die familie en vriendekring van Van Reenen. Mag die Hemelse Vader u almal toevou met Sy liefde en genade.”
Volg FiND iT hier op Facebook.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



