‘n Vyftienjarige seun is die vierde kind in Viëtnam wat dood is na hy die Covid-19-inenting ontvang het.
VN Express berig die seun, ‘n inwoner van die Thuan Chau-distrik in Viëtnam, het sy eerste dosis van die Covid-19-inenting op 4 Desember ontvang. Hy het glo 60 minute ná die inenting geen newe-effekte of simptome getoon nie, sê die gesondheidsdepartement.
Twee dae later het hy egter lighoofdig en naar begin voel. VN Express berig hy is na ‘n distrikshospitaal geneem voor hy na die Son La General-hospitaal oorgeplaas is. Hy is Dinsdag daar oorlede.
Verlede maand is ‘n 12-jarige seun van die Binh Phuoc-provinsie, ‘n 16-jarige seun van die Bac Guang-provinsie en ‘n gr. 9-leerling van Hanoi ook oorlede ná hulle die Covid-19-inenting ontvang het.
Viëtnam is tans in die proses om nege miljoen kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 in te ent.
Teen 6 Desember was 5,3 miljoen kinders in dié ouderdomsgroep reeds ingeënt. – VN Express,
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Broer, suster en dogtertjie sterf tragies na brand uitbreek
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



