Romerige gemmerpoeding

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is geen mielieblom, gelatien of eiers in hierdie gemmerpoeding-resep nie – net ‘n bietjie ‘magic’ in die gemmer wat die melk in ‘n romerige poeding omskep.

Drie bestandele is al wat jy nodig het om ‘n lekker gemmerpoeding te maak wat al jou vriende en familie sal laat smeek vir nog ‘n skeppie. Net vars, gerasperde gemmer, melk en suiker. 

Vat die gerasperde gemmer en druk al die sap uit die gemmer uit, want dit is juis in die sap waar die magic in lê. Gaan voort om jou melk en suiker te kook. Gooi dan die melk in aparte poedingbakkies en voeg die gemmersap by. 

Nou kom die geduld in, want jy moet ten minste 10 minute wag. Jy gaan die bakkie vir seker wil skud om te loer of die poeding al gestol het, maar moet dit nie doen nie. Die wag is die moeite werd. 

Jy kan die poeding dadelik teen kamertemperatuur bedien of jy kan dit in die yskas bêre vir later. Versier gerus met vars room en vrugte. 

Gaan lees gerus Jorina se lewenslesse wat 2021 haar geleer het. 

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.  

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].  

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.  

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.