‘n Beter Jorina as gister

Deel hierdie storie / Share this story

Jorina Smit (21) het in Windhoek grootgeword en bly nou in Potchefstroom. Sy is ‘n trotse Puk en gaan in 2022 haar honneursgraad in bedryfsielkunde voltooi.  

Die jaar met die meeste struikelblokke was mootlik haar lekkerste jaar nog. Sy is verseker ook ‘n paar lesse ryker na die jaar en al sy dinge. Sy deel graag ‘n paar lesse met ons.  

“Moet nooit die geleentheid om vir iemand te sê jy is lief vir hulle, laat verbygaan nie. Geestesgesondheid is nommer een, twee én drie op jou prioriteitslys. Koop daardie oorbelle, jy kan later die uitrusting kry wat daarby pas!

Allergex werk die beste saam met ‘n pynpil!  

Open door policy: As hul wil inkom, laat hulle inkom. As hulle wil gaan, laat hulle gaan.

“Jou glimlag is die mooiste grimering wat jy kan dra.

“Mense onthou altyd hoe jy hulle laat voel.

“Gesondheid is altyd belangriker as lengte – wat jou hare, vriendskappe én verhoudings aanbetref.  

“Gaan koop vir jouself blomme! Woolies sin hou twee weke lank.

“En ‘n airfryer is regtig so cool soos wat die tannie op die televisie sê.

Total Garage se koffie is eintlik lekker, solank jy dit net saam met die regte mense drink.  

“Koop asb van die begin af ‘n 10 m HDMI-kabel.

Modesty will get you nowhere.

“Gaan ABSA toe op ‘n Dinsdagmiddag om 14:00, en skryf jou wagwoorde neer, want dan hoef jy nooit ABSA toe te gaan nie! 

“As hy jou enige ander trane laat huil as happy tears dan is hy jou nie werd nie.

“Jou tyd is ook nie God se tyd nie en musiek is altyd gepas! 

‘n Mens sal dink ná so ‘n lys lesse wat Jorina in 2021 geleer het, dat sy nog ‘n langer lys Nuwejaarsvoornemes het. Nee, sy het nie. Inteendeel sy glo nie aan Nuwejaarsvoornemes nie. 

“Ek glo dat ‘n lysie wat terugblik op die jaar wat verby is, bydra tot jou lewenskwaliteit vir die toekoms. ‘n Hengse lys voornemes skep gans te maklik eerder ruimte vir teleurstelling as wat dit ruimte vir triomf skep. “ 

“Ek hou eerder my lesse naby, sit my sonbril op en maak seker dat ek nie ou roetes weer stap nie. My enigste voorneme vir die jaar wat kom l, is om ‘n beter Jorina as gister te wees.”  

Volg FiND iT hier op Facebook.

Kry so datavrye toegang tot FiND iT.