Maak dié Kersoggend lekker plaatkoekies vir die hele gesin!
Bestanddele:
1 eier
62 ml strooisuiker
125 ml melk
12,5 ml olie
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
Vrugte
Heuning
Botter
Geklopte room
- Klits die eier in die mengbak. Voeg die suiker by en klits tot goed gemeng.
- Voeg die helfte van die melk en al die olie by die eiermengsel. Klits deeglik.
- Sif die droë bestandele in ‘n mengbak.
- Voeg die droë bestandele stadig by die eiermengsel en vou in met ‘n houtlepel. Maak seker daar is geen klonte nie.
- Roer die tweede helfte van die melk stadig by die beslag. Moenie te veel roer nie.
- Skakel ‘n stoofplaat op matige hitte aan.
- Smeer pan met olie.
- Skep ongeveer 5 eetlepels van die mengsel per plaatkoekie in die warm pan.
- Draai plaatkoekies om sodra lugblasies vorm.
- Versier met vrugte of bedien met heuning, geklopte room of botter.



Volg Kimberley Online Co. hier op Facebook.
Lees ook: Ons gesels met Kersvader



