Drie beseer, een in kritieke toestand na botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mans is beseer en een in ‘n kritieke toestand na ‘n kop-aan-kop botsing wat vanoggend op die R82 in De Deur plaasgevind het.

ER24 het omstreeks 5:10 op die toneel aangekom. Een voertuig was in ‘n sloot aan die kant van die pad en die ander voertuig was steeds in die middel van die pad. Die insittendes van die voertuig in die sloot moes deur die Midvaal-brandweer uitgehaal word. Al die patiënte is glo in hul 30’s.  

Foto: ER24

Die ander insittende van die voertuig wat in die sloot was, is in ‘n kritieke toestand. ER24 het die pasiënt gestabiliseer voordat hulle hom na Sebokeng Provinsiale Hospitaal geneem het. Die bestuurders van albei voertuie het ligte beserings opgedoen en is ook na die Sebokeng-hospitaal geneem vir verdere behandeling.  

Lees die volle storie hier.

Lees ook: DA en aanlynpetisie vra dat aandklokreël afgestel word

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.