Talle Suid-Afrikaners en die DA het ‘n aanlynpetisie begin wat versoek dat pres. Cyril Ramaphosa die aandklokreël teen 31 Desember ophef.
Die petisie, wat deur Randolf Jorberg van Beerhouse in Kaapstad begin is, word deur talle gasvryheidsbesighede ondersteun.
Volgens die jongste inperkingsmaatreëls geld die aandklokreël daagliks tussen middernag tot 04:00.
Volgens ‘n verklaring deur John Steenhuisen, DA-leier het die DA nog nooit die aanklokreël ondersteun nie.
“Ons ondersteun die petisie 100% en glo nou meer as ooit dat die aandklokreël vir altyd opgehef moet word, en dit voor Oujaarsaand.”
Bheki Cele, minister van polisie, het vroeër die maand gesê dat die polisie landwyd op bekende roetes die vakansie sal wees om seker te maak dat die wette van die land gehoorsaam word.
Luidens ‘n Kersboodskap deur die presidensie sal daar na verwagting nie vanjaar nog strenger inperkingsmaatreëls aangekondig word nie omdat die Covid-19-gevalle sowel as die hospitalisering afneem.
Volg FiND iT hier op Facebook.



