SUID-AFRIKA. – Gee jy elke nou en dan vir jou hondekinders ’n treat? Gee jou honde jou soms soene oor die gesig, maar hulle asem is ondraaglik?
Hier is ’n maklike resep wat nie net as ’n bederfie vir jou viervoetige kinders is nie, maar wat ook kan help om hulle asem beter te laat ruik.
Bestanddele
2½ koppies ongegeurde hawermout
½ koppie vars pietersielie, fyn gekap
½ koppie vars kruisement (mint), fyn gekap
1 groot eier
¼ koppie water plus 1 eetlepel om die deeg te help vorm
3 eetlepels klapperolie (coconut oil) gesmelt
Metode
- Voorverhit die oond tot 160°C.
- Skep hawermout in ‘n menger (blender) en pols tot ‘n meel vorm.
- Klits die gekapte pietersielie en kruisement, eier, water en olie in ‘n groot bak saam.
- Voeg hawermeel by en roer om te meng.
- Knie die deeg ‘n paar keer en keer dan uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
- Gebruik jou hande of ‘n koekroller en druk die deeg plat tot dit ongeveer 3 mm dik is.
- Gebruik ‘n koekiedrukker of mes en sny ongeveer 40 koekies uit.
- Plaas koekies ongeveer 1 cm uitmekaar op ‘n kleefwerende bakplaat.
- Bak vir 35-40 minute, of tot goudbruin en bros.
- Laat koekies heeltemal afkoel voor jy daarvan vir jou hond gee.
- Bêre in ‘n lugdigte houer.

Bron: SkinnyMs
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.



