Die Dalai Lama het ‘n brief van meegevoel aan aartsbiskop Desmond Tutu se dogter gestuur ná sy dood op 26 Desember.
“Met sy dood het ons ‘n wonderlike man verloor wat ‘n betekenisvolle lewe gelei het,” sê die Dalai Lama.
“Hy was toegewyd daaraan om sy medemens te dien, veral die wat minderbevoorreg is. Die beste huldeblyk wat ons aan hom kan bring, is om te doen wat hy gedoen het en voortdurend te kyk hoe ons ander van hulp kan wees.”
Die twee het ‘n baie goeie verhouding gehad en het mekaar verskeie kere ontmoet.
Die Dalai Lama verwys spesifiek na die keer wat hulle in 2015 in Dharamsala ontmoet het en hulle gedagtes gedeel het oor hoe om vrede en geluk in die wêreld te vermeerder.
“Die vriendskap en verhouding tussen ons was iets wat ons altwee gekoester het.”
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



