‘n Staffordshire-bulterriër het ‘n lewensreddende operasie ondergaan nadat hy ses pakkies Kersfees-sjokolade geëet het.
Minute nadat Hugo se eienaar, Amie, van die winkel af teruggekom het, het sy die leë boksies sjokolade en foeliepapertjies op die vloer gesien.
“Hugo het eers okay gelyk, maar na ‘n rukkie bloed begin opgooi. Hy het ook ‘n aanval gekry waarna ek dadelik met hom hospitaal toe gejaag het.”
Hugo is met sy aankoms by die hospitaal dadelik vir X-strale geneem wat gewys het dat sy maag vol foeliepapertjies is. Hy is daarna verdoof en dadelik geopereer.
Volgens die veearts was Hugo baie gelukkig om te lewe.
“Hugo is steeds nie 100% buite gevaar nie, maar hy is by die huis besig om te herstel,” sê Amie.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Pa en seuns sterf na Kersboom aan die brand slaan
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.




