Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nois), se nuutste verslag sê 18 847 nuwe Covid-19-gevalle is op 24 Desember aangemeld. Dit bring die totale aantal laboratorium-bevestigde gevalle op 3 393 109.
Hierdie toename in Covid-19-gevalle verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 29,4%.
Volgens die Nios is ‘n verdere 81 Covid-19-verwante sterftes aangemeld, wat die totale sterftes tot dusver op 90 743 te staan bring. 20 980 990 toetse is in beide openbare en private sektore uitgevoer.
Die meerderheid nuwe gevalle was Vrydag in KwaZulu-Natal (26%), gevolg deur Wes-Kaap (25%). Gauteng was verantwoordelik vir 18%; Oos-Kaap 11% en die Vrystaat en Noordwes elk vir 5%. Limpopo en Mpumalanga was elk verantwoordelik vir 4% en Noord-Kaap was verantwoordelik vir 3%.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Brandvlei-boervrou se Kersboodskap
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



