Geen strenger inperkingsmaatreëls, vir nou

Deel hierdie storie / Share this story

Luidens ‘n verklaring wat Vrydag deur die presidensie uitgereik is, sê David Mabuza, adjunkpresident, dat daar vir nou geen strenger inperkingsmaatreëls op die tafel is nie.

Volgens die verklaring, waar pres. Cyril Ramaposa die land ‘n geseënde Kerstyd toewens, poog die regering om die land van die “inperkingsmaatreëls te bevry”, maar dat dit steeds elkeen se verantwoordelikheid is om ingeënt te word.

Volgens Mabuza is die land in ‘n baie beter situasie as verlede jaar se feestydperk as gevolg van die ontwikkeling van entstowwe om onsself, ons geliefdes en ons gemeenskappe te beskerm.

“Ten spyte van kumulatiewe gevalle van nuwe infeksies en die aangetekende sterftes sedert die afgelope feesseisoen, het ons vordering gemaak om deur die moeilike tydperk van die koronaviruspandemie te vaar.

“Dansky diegene wat ingeënt is, het ons nader gekom om ons normale lewens en vryheid te herwin, vry van beperkings wat deur die koronavirus op ons opgelê word.”

Lees die volledige verklaring hier.