Amarula-malvapoeding: Dit proe soos nog!

Deel hierdie storie / Share this story

Wonder jy nog wat om vir nagereg te maak? Probeer gerus hierdie heerlike resep vir Amarula-malvapoeding.

In Suid-Afrika het ons ’n verskeidenheid tradisies. Groot gekookte Kersetes wat bestaan uit geroosterde hoender, varkboud, skaapboud en groente. Nagereg sluit ook vrugtekoek, koekstruif en ’n lekker tradisionele malvapoeding met vla in.


Familietradisies verskil. Party gesinne verkies om op Oukersaand geskenke oop te maak terwyl ander hulle groot feesviering op Kersdag hou. As al die smullekker kos jou mond laat water, probeer gerus die volgende resep vir ’n unieke Kersfeesnagereg.

Amarula-malvapoeding

Bestanddele:

1 koppie (250 ml) koekmeel
1 teelepel (5 ml) koeksoda
’n knypie sout
1 eier
1 koppie (250 ml) strooisuiker
1 eetlepel (15 ml) appelkooskonfyt
2 teelepels (10 ml) lemoenskil
1 eetlepel (15 ml) gesmelte botter
1 teelepel (5 ml) suurlemoensap of asyn
1 koppie (250 ml) melk
Vla vir opdien

Sous:

½ blikkie kondensmelk
½ koppie (125 ml) melk
½ koppie (125 ml) room
¼ koppie (60 ml) Amarula-likeur
’n knypie neutmuskaat

Metode:

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer opdienbak of individuele bekers met botter.
Sif die meel, koeksoda en sout saam in ’n mengbak.
Room die eier en strooisuiker saam in ’n aparte bak.
Voeg die konfyt, lemoenskil, botter en asyn (of suurlemoensap) by en meng goed.
Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed.
Gooi in opdienbak of individuele bekers en bedek met foelie.
Bak vir 20 minute indien individuele porsies of 30 minute indien enkel porsie tot goudbruin en gaar.

Vir die sous:

Smelt al die bestanddele saam in ’n pot en gooi oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Prik die poeding met ’n vurk sodat dit die sous makliker absorbeer.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Feestelike Kersfeesbolletjies