Volgens die nuutste verslag van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar op 23 Desember 21 157 nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika aangemeld wat die totale aantal laboratorium-bevestigde gevalle op 3 374 262 te staan bring.
Hierdie toename verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 29.1%.
‘n Verdere 75 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, wat die totale sterftes tot dusver op 90 662 te staan bring. 20 916 911 toetse is in beide openbare en private sektore uitgevoer.
Die meerderheid nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (25%), gevolg deur Wes-Kaap (22%). Gauteng was verantwoordelik vir 20%, Oos-Kaap 12% en Vrystaat 7%. Noordwes was verantwoordelik vir 5%; Limpopo en Mpumalanga 4% en Noord-Kaap was verantwoordelik vir 2% van vandag se nuwe gevalle.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Gesondheidsdepartement kanselleer opsporing van persone in kontak met Covid-19-gevalle
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



