Almal ken Big Bang Theory, vandag nog een van die gewildste TV-reekse. Die hele wêreld het saam gesit en kyk, lag en huil. Saam met Penny en Leonard verlief geraak en saam weggehardloop wanneer Sheldon begin siek raak…
Big Bang Theory het in 2007 sy debuut gemaak en onmiddelik was almal gaande oor die vier wetenskaplikes en die blonde kelnerin van The Cheesecake Factory.
Penny, wat deur Kaley Cuoco vertolk word, Jim Parsons (Sheldon), Johnny Galecki (Leonard), Kural Nayyar (Rajesh) en Simon Helberg (Howard) was vir meer as 12 jaar daagliks deel van mekaar se lief en leed.
Kaley en Johnny het nie net verlief geraak op mekaar in die reeks nie, maar ook in die regte lewe. Kaley het aan menigte oorsese joernaliste erken hoe moeilik dit vir haar was om teenoor Johnny te speel nadat hulle uitmekaar uit is.

Big Bang Theory-aanhangers sal weet hoe almal deel geraak het van die karakters se lewens en hoe geskok ons was toe mense Big Bang Theory met die Dexter’s Laboratory-kinderreeks begin vergelyk het.

Mayim Bialik, wat later deel geword het van die span, as Sheldon se neurowetenskaplike meisie, Amy, het aanhangers ook gedurig vermaak met haar skreeusnaakse eksperimente wat sy op haar vriende uitgevoer het.
Die heel laaste episode van die twaaldde reels en ook Big Bang Theory se laaste, het Amy en Sheldon (toe getroud) ‘n Nobel-prys ontvang. Sheldon het ‘n diep tranetrekker toespraak gelewer waarin hy na 12 reekse uiteindelik aan sy vriende die erkenning gee wat hul verdien. Dit was vir seker nie net hulle wat op die stel trane af gevee het nie. Almal wat gekyk het, het wel ‘n traan of twee gepik.

Volg FiND iT hier op Facebook.



