SUID-AFRIKA. – Met die baie warm somersdae wat voorlê, kan hitte-uitputting vinnig na sonsteek oorgaan. Dit is belangrik om te weet wat die simptome van sonsteek is en hoe dit behandel kan word, omdat sonsteek hospitalisasie kan vereis.
Simptome
- Die persoon sal bewusteloos of uiters duiselig wees.
- Die liggaamstemperatuur verhoog tot bo 40°C.
- Persoon se vel sal rooi, warm en droog wees.
- Sweet glad nie.
- Vinnige hartklop/pols.
Behandeling
- Sit persoon in yskoue water.
- Plaas yspakke onder armholtes.
- Bring liggaamstemperatuur so gou as moontlik af.
- Neem persoon so vinnig as moontlik na ‘n dokter/hospitaal.
Bron: Wikipedia



