Een dood, twee beseer in kop-aan-kop botsing

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man in sy 20’s is dood en twee ander beseer toe twee voertuie vanoggend in ‘n kop-aan-kop botsing op die JG Strydom-pad in Weltevreden Park betrokke was.

ER24 het omstreeks 01:00 Donderdagoggend op die ongelukstoneel aangekom. Die twee voertuie was in die middel van die pad en na verdere ondersoek het hulle ‘n 20-jarige man in die eerste motor gekry. Hy was toe reeds dood. ‘n Insittende in die motor het ligte beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici behandel.

‘n Man (40) wat paramedici in die tweede voertuig gevind het, was in ‘n kritieke toestand. Hy het gevorderde lewensondersteunende behandeling ontvang voor hy na die hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die polisie was op die toneel.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Ma dood vier weke ná sy met maagkanker gediagnoseer is

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.