Hierdie storie vertel ons van ‘n unieke verhouding tussen man en perd.
Ons as mens gee so gou tou op met diere, en dit vat ‘n baie spesiale mens met ‘n dieper emosionele konneksie om deur te dring na ‘n dier wat self moed opgegee het.
Janna Grapperhaus, ‘n vroedvrou van West Virginia, onthou die dag wat haar pa ‘n jong agressiewe hings genaamd Major huis toe gebring het.
Major se vorige eienaar kon hom net nie tem nie en as straf vir sy gewelddadige houding het hulle hom weke lank sonder kos en water laat loop.
Hy het erg deurgeloop onder die swaar sweep van sy eienaars.
Janna onthou ook hoe hy binne vyf minute deur vyf heinings gebreek het. Daar waar hy plek kon kry, het hy gebyt om seer te maak.
Janna se pa wou net nie moed opgee nie.
“My pa het nie vir Major getem nie, hy het sy hart gewen.”
Haar pa het ure aaneen daaraan gewerk om hierdie mishandelde hings se vertroue te wen.
Na twee jaar, baie trane en sweet, het Major uiteindelik toegelaat dat sy nuwe eienaar hom ry. Maar dit was meer as dit, daar was ‘n opregte liefde tussen die twee.
“Wanneer my pa uit is na Major toe, het Major hom oor en oor op sy kop gesoen. Niemand kon hierdie band tussen man en perd verstaan nie.”
Toe Janna se pa afsterf, was Major ook by die begrafnis.
“Dit was net regverdig dat Major ook kom totsiens sê.”

En in daardie hartseer, maar tog mooi oomblik, het Major totsiens gesê met ‘n laaste voorkop soen.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Polisieminister swem 12 uur tot by land ná helikopterongeluk



