Leerling sluk plaagdoder ná afknouery oor sy sangoma wil word

Deel hierdie storie / Share this story

Lathitha Nako, ‘n 16-jarige leerling van Bhisho Hoërskool in Kaapstad, het verlede maand haar eie lewe geneem deur plaagdoder te sluk.

Na bewering is Nako by die skool deur leerlinge en onderwysers afgeknou ná sy dit bekend gemaak het dat sy ‘n roeping het om ‘n sangoma te word.

Die 16-jarige dogter het plaagdoder gesluk en is in die hospitaal oorlede. Die Oos-Kaapse departement van onderwys het aangekondig die span wat hierdie saak ondersoek, het hul voorlopige verslag voltooi.

Die saak is aan die hoof van die departement oorhandig.

Die departement, sowel as die familie, het ooreengekom dat daar ‘n onafhanklike ondersoekbeampte aangestel sal word om dieper te delf.

Hulle het ook ooreengekom dat hul die beampte die nodige tyd sal gun om die saak te ondersoek, om sodoende vroeg in 2022 die finale verslag voor te lê.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Unieke verhouding tussen man en perd