Crocs het nie die beste reputasie nie, maar vir baie mense is dit gemaklik, goedkoop en dit kom ook in ‘n verskeidenheid kleure voor.
Die afgelope paar maande het Crocs na die volgende vlak beweeg met ‘n nuwe reeks pragtige skoene wat spesifiek vir ‘n paar hondepootjies gemaak is.
Dit beteken jy en jou beste vriend kan nou kies watse kleur Crocs julle wil aantrek en by mekaar pas!
Die Mini Crocs is in blou, groen, geel en pienk beskikbaar.
Hierdie Crocs is dalk net geskik vir klein honde, maar hulle laat ‘n groot indruk.
Die spoggerige skoene is ‘n goeie manier kosbare herinneringe saam met jou beste vriend te skep.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Moordenaar (15) sê hy is ‘tevrede’ met moord op 6-jarige
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.






