Chippie is in Mei 2020 as ‘n verlate eier by die Boulders-pikkewynkolonie in Kaapstad gevind.
Die Chippie-eier is na SANCCOB in Kaapstad geneem waar sy uitgebroei en toe grootgemaak is. Slegs drie maande later was Chippie gereed om vrygelaat te word. Sy het haar mikroskyfie gekry en is in die groot wêreld vanaf “Stony Point”-pikkewynkolonie net oos van Kaapstad vrygelaat.
Sy doen toe wat alle jong Afrika-pikkewyne doen en vat die pad na die noorde. Ongelukkig het Chippie haarself ‘n slagoffer gemaak van ‘n ekologiese lokval.
Vasgevang in ‘n gebied waar sy gedink het sy goeie voedsame kos sal vind, kon sy toe niks kry nie. Dit was ook tyd vir haar om ‘n nuwe verepak aan te trek om haar warm te hou en te beskerm.
Ongelukkig is hierdie proses ‘n proses wat staat maak op vetreserwes, wat Chippie nie in hierdie stadium gehad het nie.
Chippie het al hoe maerder geraak en dinge het nie goed gelyk vir haar nie.
Geluk vind weer vir Chippie op 23 Oktober 2021 toe ‘n goeie Samaritaan die uitgeteerde Chippie in Walvisbaai gewaar het. Sy is dadelik Swakopmund toe gevat vir rehabilitasie. Onder die waakbare oë van dr. Sandra Dantu en Mark Boorman het Chippie gelydelik gewig aangesit en gesond geword.

Einde November was sy weer gereed om weer na die groot wêreld terug te keer, maar dit het net nie sin gemaak om haar vry te laat sodat sy dalk later weer iewers vasgevang sou word nie. Haar versorgers het besluit dat dit beter sal wees om haar vry te laat naby die pikkewyn-teël eiland in Suid-Namibië. Hoe kry hulle nou vir Chippie vanaf Swakopmund tot in Lüderitz?
Nog ‘n goeie samaritaan, Izak Kotze, ‘n vlieënier wat ‘n passasier na Aus, ‘n klein uitbreiding 130 km oos van Lüderitz, moet vlieg, kom tot Chippie se redding. Hy het ‘n ‘n “vlieggeleentheid” aangebied, moontlik ‘n eerste in pikkewyngeskiedenis.

En op 11 Desember 2021 het Chippie by haar nuwe tuiste geland. Sy was eers skrikkerig, maar het later na die waters van vryheid uitgeskiet.
Hierdie Afrika-pikkewyn het sowaar ‘n fantastiese storie om eendag aan haar kleinkinders te vertel.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Polisieminister swem 12 uur tot by land ná helikopterongeluk


