‘n Senior burger, Joy Ringhofer, het haar oor ‘n pa en sy pasgebore babadogtertjie ontferm toe hulle nie geweet het watter kant toe nie.
Rubin, ‘n Deli-eienaar van Ohio, het uitgevind hy het ‘n pasgebore babadogter in Arizona. Hy het uitgevind toesig is aan hom toegeken en sonder twyfel het hy sy tasse gepak en Arizona toe gevlieg om sy dogter te gaan haal.

By Banner University Medical Center het hy ‘n senior burger, Joy Ringhofer (78), ontmoet. Rubin en Joy het dadelik ‘n verhouding opgebou en sy het aangebied om hom en sy dogter, Ru-Andria, na die lughawe te neem om terug te vlieg huis toe. Op die lughawe het Joy tot Rubin se verbasing vir hom haar selfoonnommer gegee.
Rubin en Ru-Andria is egter by die lughawe se sekuriteitshek voorgekeer en Rubin is ingelig dat pasgebore babas slegs mag vlieg indien hul sewe dae en ouer is. Rubin het nie geweet wat om te maak nie. Hy het nie genoeg geld gehad om ‘n hotelkamer te huur nie.
Hy het vir ‘n oomblik oorweeg om vir vier dae op die vloer van die lughawe te bly, maar was bang dat sy dogter deur die welsyn weggevat kan word. Toe onthou hy Joy het haar nommer vir hom gegee.
Toe Joy van Rubin se dilemma hoor, het sy aangebied dat hulle vir vier dae by haar kan kom woon. In daardie vier dae het drie vreemdelinge familie geword.

Rubin sê dat Joy hom gewys het dat aardse engele tog bestaan, en sy het het sy hoop vernuwe vir ‘n beter toekoms.
Lees die hele storie hier.
Lees ook: Chippie die Afrika-pikkewyn



