Covid-19: Toename in hospitaalopnames

Deel hierdie storie / Share this story

In die afgelope 24 uur was daar 87 nuwe hospitaalopnames weens die Covid-19-pandemie.

Op die oomblik word 7 951 mense in die land in hospitale vir dié virus behandel.

Verder is altesaam 50 377 Covid-19-toetse in die afgelope 24 uur uitgevoer, met 15 465 nuwe gevalle, wat ‘n positiwiteitskoers van 30,7% verteenwoordig.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar in hierdie staduim 209 975 aktiewe gevalle van die virus.

KwaZulu-Natal is nou die provinsie met die meeste gevalle met 26%. Gauteng is op 21%, Wes-Kaap op 18% gevolg deur die Oos-Kaap op 10% en Noord-Wes 8%. Die Vrystaat staan tans op 7% en Mpumalanga op 4%. Limpopo en Noord-Kaap het steeds die minste gevalle met slegs 3% elk.

‘n Verdere 48 Covid-19-verwante sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, wat die totale sterftes op 90 348 te staan ​​bring.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Feestyd-baba’s in Kerskouse huis toe