‘n Sesde kind wat Donderdag tydens die springkasteel-tragedie seergekry het, is Sondagmiddag oorlede.
Ses kinders is is dood en vier beseer toe ‘n skielike rukwind ‘n springkasteel waarop die kinders gespeel het, in die lug geskep het.
Die ongeluk het Donderdag by ‘n laerskool in Devonpoort, Tasmanië, gebeur.
Volgens die polisie in Tasmanië is die kinders van ‘n hoogte van 10 m af geslinger toe ‘n rukwind die springkasteel hoog in die lug laat opskiet het.
Die polisie in Tasmanië sê die 11-jarige Chace Harrison se lewensondersteunende masjiene is afgeskakel.
Van die nege kinders wat in die ongeluk betrokke was, is twee nog in ‘n kritieke toestand in die Royal Hobart-hospitaal en ‘n derde sterk tuis aan.
Die kinders was almal in graad ses en tussen 10 en 11 jaar oud.
“Ons harte breek vir die familie en geliefdes, skoolmaats en onderwysers van hierdie jongmense wat te vroeg weggeneem is.”
Die beseerde kinders is ná die ongeluk op die toneel behandel voor hulle met helikopters na die hospitaal geneem is. Die kinders se ouers is dadelik na die ongeluk in kennis gestel. – BBC News, ABC News
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Feestelike Kersfeesbolletjies
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



