Dennis Hearn is aangekla van die moord op Nicky Botes nadat hy na bewering in Junie vanjaar die oorledene tydens ’n padwoedevoorval in Klerksdorp in die kop geskiet het. Dit volg nadat Botes se pa AfriForum se privaatvervolgingseenheid genader het omdat dit geblyk het dat daar geen vordering met die saak was nie en die SAPD geen noemenswaardige terugvoer aan hom verskaf het nie. Hearn is nie eers gearresteer totdat die privaatvervolgingseenheid betrokke geraak het nie.



