10 stappe om ’n geskenk perfek toe te draai

Deel hierdie storie / Share this story

Dit is feestyd en almal wil nou Kersgeskenke toedraai om onder die boom te sit. Hier is wenke om daardie geskenk perfek toe te draai.

Die enkele belangrikste faktor om ’n geskenk netjies toe te draai, is om met ’n korrekte grootte stuk geskenkpapier te begin.

  • Rol jou geskenkpapier af met die “gesig” na onder en plaas jou geskenk bo-op. As jou geskenk byvoorbeeld ’n reghoekige boks is, pas die langer kante van die boks om parallel aan die einde van die rol te wees. Vou die end van die papier op en oor die geskenk totdat dit die boks heeltemal toevou. Maak ‘n merk met ‘n potlood op die papier en voeg 2.5 cm by. Dit dui die breedte van jou papier aan.
  • Knip nou langs die merk van onder na bo. Jy behoort nou ’n stuk geskenkpapier te hê wat breed genoeg is om heeltemal oor jou geskenk te vou, maar wat te lank is.
  • Maak seker dat die boks nog in plek is. Vou dan die boonste rand van die geskenkpapier op om net meer as halfpad teen die kant van die boks te meet. Byvoorbeeld, as jou boks ongeveer 15 cm hoog is, wil jy hê dat die papier ongeveer 9 cm moet meet. Doen dieselfde vir die onderste rand van die boks en knip die papier die verlangde grootte.
  • Jy behoort nou ’n stuk geskenkpapier te hê wat die perfekte grootte het om jou geskenkboks mee toe te draai. Van links na regs moet die papier heeltemal om die boks vou. Van bo na onder moet die papier halfpad teen die kante van die boks kom.
  • Vou die linker- en regterkante van die papier op en oor die boks om in die middel bymekaar te kom. Plak dit met kleefband vas.
  • Op die boonste oop punt, vou die papier oor en om die hoek soos op die foto en plak dit op die boks vas.
  • Weereens, vou die papier soos op die foto.
  • Vou die twee gevoude punte in soos op die foto. Vou die onderste flap netjies op en plak dan vas.
  • Herhaal aan die teenoorgestelde kant en voila, ‘n prentjiemooi geskenk!
  • Voeg ’n lint, strik of kaartjie van jou keuse by.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer wenke hier.