Jacob Zuma se boek binne ure uitverkoop

Deel hierdie storie / Share this story

Oud-president Jacob Zuma se splinternuwe boek is binne enkele ure uitverkoop, het die Jacob Zuma-stigting aangekondig.

Dié boek “Jacob Zuma Speaks” wat Sondag bekendgestel is, was reeds Maandag uitverkoop.

In die boek vertel Zuma sy lewensverhaal, wat glo die waarheid oor gerugte oor hom onthul.

“Die aanvraag het die aanbod heeltemal oorskry. Ons kyk om so gou as moontlike nuwe voorraad te kry,” het die stigting op Twitter bevestig.

Zuma se outobiografie is in drukbare formaat teen R285 op Xarra, ‘n aanlynwinkel, verkoop.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.