Wat is ’n Kerspartytjie sonder ’n skemerkelkie? Probeer gerus hierdie maklike resep vir Jingle Juice. ’n Egte Kersfeesdrankie.
Bestanddele vir Jingle Juice:
- 2 koppies bosbessie- en granaatsap
- 1 e strooisuiker
- ⅓ koppie lemoenlikeur
- 750 ml bottel vonkelwitwyn, verkoel
- 8 koppies ysblokkies
- 1 klein lemoen, in 8 dun skywe gesny
- ⅔ koppie gevriesde granaatpitte
- Vars kruisementblare, om voor te sit
Metode vir die resep:
- Plaas die sap en die suiker in ’n klein kastrol oor medium hitte. Kook en roer vir 2 tot 3 minute of totdat suiker opgelos het. Sit eenkant om heeltemal af te koel.
- Meng sapmengsel, likeur en vonkelwyn in ’n groot beker. Verdeel ysblokkies en lemoenskywe in 8 x 470 ml glase. Gooi sapmengsel in glase. Versier met granaatpitte en kruisementblare. Bedien.



