‘n Bebaarde man is toegelaat by die vroue-aantrekkamers in Selfridges in Uniqlo nadat hy vir die personeel gesê het hy identifiseer as ‘n vrou.
‘n Ondersoek wat Sondag deur The Mail gedoen is, dui daarop dat winkels wel mans in tradisionele vroue-spasies sal toelaat indien hulle sê dat hulle as vrouens identifiseer.
Charlotte Griffiths, Mail on Sunday-verslaggewer, het in dié koerant onthul dat sy deur twee mans in ‘n aantrekhokkie van die winkel Zara gekonfronteer is.
Charlotte het net gou ‘n blink toppie vir die kantoor se afskeidspartytjie aangepas.
“Hoekom is twee 1,8m lange mans in die aantrekkamer toegelaat terwyl ek daar met ‘n bra gestaan het?”
“Alhoewel ons glo dat elkeen kan identifiseer as dit wat hy wil, behoort winkels nie mans wat sê hulle is vrouens, in die vroue-aantrekkamers toe te laat nie,” sê sy.
“Die winkels kan dit dalk goed bedoel en hulle wil dalk nie daarvan beskuldig word dat hulle teen enigiemand diskrimineer nie, maar dis verkeerd dat die wense van ‘n klein groep mense die veiligheid en waardigheid van vroue en jong meisies wat aantrek, in gevaar stel nie.”
Daar is later vir Charlotte gesê dat dit ‘n “sensitiewe” saak is, maar dat dit ‘n algemene reël is dat mense wat vroueklere wil aanpas, dit in die vroue-aantrekkamers kan doen.
Charlotte het verder navorsing gedoen en by verskeie klerewinkels uitgevind wat hulle beleid is daaromtrent.
Verskeie winkels, onder andere Primark en Urban Outfitters, gebruik unisex aantrekhokkies, waar mans en vrouens in hokkies langs mekaar kan aantrek.
Next, H&M, John Lewis en M&S het gesê kliënte is vry om ‘n aantrekkamer te kies wat by hulle identiteit pas. – Daily Mail
Lees ook: Baba van 9 maande dood na hy aan kos verstik by dagsorg



