President Cyril Ramaphosa sal Sondag die huldeblyk lewer by die staatsgedenkdiens wat in Kaapstad vir voormalige pres. FW de Klerk plaasvind.
De Klerk is Donderdag 11 November oorlede ná ‘n lang siekbed. Sy begrafnis het op 21 November in die vorm van ‘n private diens plaasgevind.
As gevolg van Covid-19-regulasies kan slegs ‘n sekere aantal mense môre se diens bywoon.
Die diens, wat in die Groote Kerk in Kaapstad plaasvind, sal regstreeks op die regering se sosialemediaplatforms uitgesaai word.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Ma se opoffering sodat dogter (11) kan leef
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



