Kunstenaar verander rekmerke in kuns

Deel hierdie storie / Share this story

Die Instagram-grimeerkunstenaar, Sara Shakeel, het bekendheid verwerf vir haar skouspelagtige kunswerke waarin sy dikwels verskillende foto’s op mekaar plaas om pragtige alternatiewe realiteite te skep. Maar sy het onlangs haar artistieke vermoëns gebruik om rekmerke te transformeer in ‘n kragtige reeks kunswerke wat sy op haar Instagram-blad geplaas het.

Die tandarts, wie se kuns oornag ‘n sensasie geword het, maak gebruik van goue glitter en blink kristalle wat sy dan op foto’s van werklike rekmerke plaas. Die resultate van die rekmerke wat sy in kuns omskep, is verstommend.

Die reeks het ongelooflike reaksie van haar volgelinge gekry omdat Sara dit wat die samelewing beskou as “onvolmaakthede” omskep in werklike, foutlose kuns.

Sara Shakeel sê die doel met hierdie beelde was om die werklikheid van selluliet, rekmerke en liggaamsbemagtiging in die kollig te plaas, en sy hoop om in die toekoms meer werke by die reeks te voeg.

“Rekmerke is iets waarmee ek op ‘n baie persoonlike basis kan vereenselwig,” sê Sara.

Skielike gewigstoename het haar met ‘n paar “strepe” gelaat, en die idee agter hierdie beelde is dat sy dit wou “opvul met iets moois” vertel sy aan Cosmopolitan.

Lees ook: Man kry lewenslank na moord op swanger vrou

Volg FiND iT hier op Facebook.