Grandisyn CC: Noedel-maatskappy word ondersoek in verband met kinders se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die Nasionale Verbruikersraad ondersoek Grandisyn CC, die vervaardiger van Howe Instant Noodles, na die dood van drie kinders in die Oos-Kaap.

Waarnemende kommissaris, Thezi Mabuza, het in ‘n mediaverklaring gesê gebaseer op die inligting wat hulle ontvang het, die raad genoeg bewyse het om te vermoed dat Grandisyn CC onveilige goedere of goedere wat onveilig is vir publieke gebruik, vervaardig het.

Mabuza het gesê terwyl die raad wag vir die uitslae vanaf die laboratorium, sal die ondersoek help om te verstaan hoekom die goedere onveilig is en hoe gevaarlik dit vir die publiek sal wees.

“Sou ons ondersoek aan die lig bring dat Grandisny BK inderdaad die bepaling van die Wet oortree het, sal ons die saak na die Nasionale Verbruikerstribunaal verwys vir die oplegging van ‘n administratiewe boete van 10 persent van hul totale jaarlikse omset of R1 000 000, wat ook al die grootste is,” het sy gesê.

“As reguleerders in die voedselveiligheidsomgewing, (sal) ons tot die kern van hierdie saak kom om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou word. Ons doen ‘n beroep op verbruikers om goeie voedselhigiëne toe te pas. Verskaffers is verplig om verbruikers te beskerm. Waar daar potensiële gevare is, word van verskaffers vereis om die betrokke reguleerders en verbruikers in te lig,” het Mabuza gesê.

Bronne: IOL, Sowetan LIVE

Volg FiND iT o Facebook hier.

Lees ook: Grandisyn CC: Noodle brand under investigation after death of children