Lia Thomas, ’n transgender-student aan die Universiteit van Pennsylvania, wat voorheen as ’n man deelgeneem het, het op 5 Desember twee Amerikaanse vrouerekords laat spat.
Thomas het op die toepaslike manier haar mededingers uitgestof toe sy die 1 500 m vryslag in 38 sekondes vinniger afgelê het as haar spanmaat, Anna Sofia Kalandaze, by die Zippy-uitnodigingsbyeenkoms te Akron, Ohio. Volgens die Washington Times was haar wentyd 15:59:71 teenoor die tweede beste tyd van 16:37:44.
Thomas het ook haar man gestaan deur die 500 m vryslag in ’n allemintige 4:34:06 af te lê. Dis ’n hele 14 sekondes vinniger as haar teenstanders.
Thomas, wat voorheen as ’n man deelgeneem het, moet die reëls van NCAAA eerbiedig deur vir ’n jaar hormoonbehandeling te ontvang en gereeld haarself laat toets om te bewys dat sy inderdaad aan die voorgeskrewe vereistes voldoen.
Volgens die Daily Mail was Thomas se laaste kompetisie as ’n man in November 2019.
Bronne: Ladbible.com, Penn Athletics
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Sonja Visser het in soveel mense se harte ingekruip
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



