Die 25-jarige Mary Magdalene is ‘n Kanadese ontkleedanseres, model en OnlyFans-ster wat vir die plastiese chirurgie wat sy al ondergaan het, bekend geraak het.
Mary Magdalene, soos sy haarself noem, het meer as 20 000 volgelinge op Instagram en meer as 550 000 op TikTok. Sy deel gereeld video’s en foto’s van haarself op sosiale media en verwys na haar plastiese chirurgie as ‘n “belegging” en sê dat alhoewel sy dalk vals is aan die buitekant, haar binnekant “so eg is soos wat kan kom”.
Magdalene het in die laaste vyf jaar drie borsvergrotings, “Brazilian butt lifts”, heupvullers, lipvullers en vele ander plastiesechirurgie-operasies ondergaan.
Komplikasies wat sy vroeër met chirurgiese behandelings ervaar het, is nie genoeg om haar te keer nie. Magdalene het aan UniLad gesê dat sy reeds beplan om nog ‘n borsvergroting te ondergaan en dat sy graag die “wêreld se grootste borste” wil hê.

Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Sonja Visser: ‘Sy het in soveel mense se harte ingekruip’
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



