January 26, 2022

Pa vier jaar agter tralies oor agterstallige onderhoud

Foto: Sunday Times


’n Pa van Krugersdorp se appèl het in die hoogste hof misluk nadat hy in 2018 tot vier en ‘n half jaar gevonnis is vir versuim om onderhoud van R1.2 miljoen te betaal.


Andrei Potgieter, ’n bekende sakeman van Krugersdorp wat verskeie RJ’s besit het, dien tans vier jaar tronkstraf in die Krugersdorp-gevangenis uit nadat sy appèl onsuksesvol was. Hy skuld steeds sy eks-vrou, Louise Nell, R1.2 miljoen en volgens haar prokureur, Wesley Rodgers, sal hy aanspreeklik gehou word daarvoor, ondanks sy vonnisoplegging. Hy moes haar sedert 2012 onderhoud van R1.2 miljoen betaal het.

Potgieter het teen sy vonnis, sowel as skuldigbevinding, geappelleer. Daar is slegs verlof toegestaan om teen sy vonnis te appelleer.

Regters Edwin Molehehli en Leonie Windell het die uitspraak in Augustus in die Gautengse hooggeregshof gelewer.

Regter Molehehli het in sy vonnisoplegging gesê die onderhoudswet maak voorsiening vir ’n vooropgestelde vonnis van drie jaar sonder die opsie van ’n boete.

‘n Laer hof is nou volkome geregtig en, indien dit binne die jurisdiksie van Suid-Gauteng [Hooghof] val, in werklikheid verplig om die vonnisprosedures te volg wat in hierdie saak uiteengesit is.


Shando Theron, familieprokureur van Theron Ingelyf, stem nie saam met die vonnis nie en sê die straf is te swaar. Daar is glad nie in ag geneem dat Potgieter tans twee jong kinders by sy tweede vrou het wat daaronder ly nie. Ook te meer is sy familie in Durban gestasioneer terwyl hy sy vonnis in Krugersdorp uitdien.


Theron beweer verder dat indien hy selfs die agterstallige onderhoud, waarvan hy reeds ’n groot gedeelte betaal het, óók betaal, is daar geen waarborg op vrylating nie. Die hof kan wel die betalings in ag neem en sodoende krediete vir sy vonnis ophef.


Regter Molahleni het weer beaam dat persone wat nie hulle onderhoudsvoorwaardes nakom nie die lang arm van die gereg sal voel.

Leave a Reply

Your email address will not be published.