January 26, 2022

Dié Safari-produkte toets positief vir salmonella

Wees op die uitkyk vir dié produkte wat ‘n vervaldatum van tussen 27 Oktober 2021 óf 27 Junie 2022 het.

Safari-produkte toets positief vir salmonella

Safari-produkte toets positief vir salmonella

Indien jy Peanuts & Raisins en Cashew-neutprodukte onder die Safari-handelsmerk in jou kas het, moet jy dit dadelik verwyder.

Pioneer Foods het aangekondig dat hy spesifieke groepe van die Peanuts & Raisins en Cashew-neutprodukte, wat onder sy Safari-handelsmerk in Suid-Afrika, Botswana en Namibië verkoop word, herroep.

Dié aankondiging volg nadat roetinetoetse by die maatskappy se produksieperseel in KwaZulu-Natal ‘n bondel produkte geïdentifiseer het wat positief getoets het vir lae vlakke van salmonella.

Pioneer Foods sê produksie is ná die ontdekking gestaak.

Volgens die maatskappy is ‘n beperkte aantal kiste van die handelsmerk se 60 g Peanuts & Raisins en 100 g rou Cashew-neutprodukte versprei, maar intussen afgesonder vir vernietiging.

Wees op die uitkyk vir dié produkte wat ‘n vervaldatum van tussen 27 Oktober 2021 óf 27 Junie 2022 het.

Tertius Carstens, hoof- uitvoerende beampte, sê hierdie beperkte aantal geaffekteerde produkte moes nooit in die winkels beland het nie.

“Hoewel ons tot dusver geen gesondheidsverwante klagtes van verbruikers ontvang het nie, het ons besluit om proaktief te wees en hierdie spesifieke produkte te herroep.”

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Jonger generasie laat Covid-19-syfers styg

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published.