January 26, 2022

Ramaphosa smeek: laat jou inent

Ramaphosa het feesorganiseerders bedank wat hulle massa-byeenkomste die afgelope paar dae gekanselleer het.

Ramaphosa smeek: laat jou inentou eers volgende week

Ramaphosa smeek: laat jou inent

Dae vóór president Cyril Ramaphosa met die land praat, doen hy in sy weeklikse nuusbrief ‘n ernstige beroep op Suid-Afrikaners om hulself teen die koronavirus te laat inent.

Volgens Ramaphosa is dit noodsaaklik vir landsburgers om hulle te laat inent, aangesien Suid-Afrika reeds in ‘n vierde vlaag van Covid-19-infeksies inbeweeg en dit Suid-Afrikaners sal help om nie in die hospitaal opgeneem te word of ernstig siek te word nie.

In die nuusbrief het Ramaphosa bevestig dat die koronavirusbevelsraad oor die komende dae sal vergader ná sy staatsbesoek aan Wes-Afrika afgesluit is. Sy nasietoespraak word teen die einde van die week verwag.

President Cyril Ramaphosa sal moontlik Sondag 12 Desember met landsburgers praat oor die toenemende koronavirusinfeksies in die land. Ramaphosa sal na verwagting ook meer inligting oor verpligte inentings, die Omikron-variant en strenger maatreëls vir byeenkomste bekendmaak.

Sizwe Pamla, woordvoerder van Cosatu, het egter in ‘n verklaring gesê dat enige verdere strenger inperkingsmaatreëls slegs moet geld vir diegene wat nie ingeënt is nie en nie vir ingeëntes nie.

Pres. Ramaphosa het op 28 November besluit dat die land op vlak 1 bly, maar ook vanoggend bevestig dat die aantal koronavirusinfeksies die afgelope week vyfvoudig toegeneem het. ‘n Kwart van alle Covid-19-toetse wat terugkom, is positief.

Ramaphosa het feesorganiseerders bedank wat hulle massa-byeenkomste die afgelope paar dae gekanselleer het, aangesien dit die “verantwoordelike en veiligste” ding is om nou te doen. Plett Rage, sowel as Ballito Rage, is laasweek afgestel.

Die drankbedryf is uiters bekommerd dat drankverkope weer oor die Desembervakansie verbied sal word.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Jonger generasie laat Covid-19-syfers styg

Leave a Reply

Your email address will not be published.